Local newsNews
Oppas vir nuwe spoedhobbel in Bela-Bela
Die Bela-Bela-munisipaliteit het ’n nuwe spoedhobbel voor die ingang na Laerskool Warmbad se sportterrein, op die hoek van Gilfillan- en Ludorfstraat, opgerig.

Waarskuwingsborde is langs die pad aangebring om motorryers te waarsku.
Die hobbel moet nog geverf word en is dus nie mooi sigbaar nie.
Motorryers word aangeraai om versigtig te bestuur.
At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!



