CrimeNews

Man in hof oor 220 km/h op N1-snelweg

’n Vermeende jaagduiwel is vroeg Dinsdagoggend 15 Oktober op die N1-snelweg naby Kranskop in hegtenis geneem.

Volgens ’n woordvoerder van die departement van vervoer in Limpopo is die 27-jarige bestuurder van ’n rooi Golf 7 GTI deur lede van die verkeersdepartement van die pad getrek nadat hy glo teen 220 km/h op dié stuk pad, wat berug is vir die groot hoeveelheid noodlottige ongelukke wat daar plaasvind, gery het. Die spoedgrens is 120 km/h.

AO James Findlay, polisiewoordvoerder in Modimolle, het teen druktyd bevestig dat die motorryer, wie se identiteit nog nie bekend gemaak is nie, is na die Modimolle-polisiestasie geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button