Local newsNews

Waar is die Waterberg se grootste pampoene?

Die gewilde jaarlikse Go­liat van Gat-pam­poen­kom­pe­ti­sie word nou ook in Bela-Bela aan­gebied.

Dié ge­leent­heid word deur die Wa­ter­berg Dis­triks­land­bou-u­nie (WDLU) aan­ge­bied en daar is groot pry­se vir die een wat die bes­te pam­poen ge­kweek het.

Die hui­dig­e Suid-Af­ri­kaan­se re­kord van ’n o­ran­je pam­poen is 500 kg. In Amerika het die re­kord­pam­poen ’n allemintige een ton geweeg.

Henk van de Graaff, streek­voor­sit­ter van die Trans­vaal­se Land­bouu­nie (TLU), as­ook voor­sit­ter van die WDLU, het ge­sê die plaaslike kom­pe­ti­sie sal ’n week voor die hoof­kom­pe­ti­sie in Maart aanstaande jaar plaas­vind. Plaaslike boere sal dus teen einde Februarie 2020 moet aantree met hul bielie­pam­poene.

Dit neem ’n pam­poen on­ge­veer drie maan­de om te groei tot rekord­grootte.

“Skole en ouetehuise is al jare lank betrokke by die groot kompetisie wat jaarliks by die Boeremark in Pre­to­ria gehou word,” het hy gesê.

“Die saad vir die reu­seoran­je pam­poen word jaarliks deur TLU SA uit A­me­ri­ka inge­voer. Die kom­pe­ti­sie word as ’n lief­da­dig­heids­pro­jek aan­ge­bied en die pam­poe­ne word na af­loop van die kom­pe­ti­sie aan min­der­be­voor­reg­tes ge­skenk.”

Daar is geen ouder­doms­beper­king vir mense wat wil inskryf nie.

Die WDLU nooi sa­ke­on­der­ne­mings om betrokke te raak en pry­se vir die wen­ners te borg.

Die voor­ge­skre­we saad wat deel­ne­mers kan plant is be­skik­baar by Syl­via Hig­gins, WDLU-se­kre­ta­res­se, teen R50. Die aan­koop van die saad dien as ’n in­skry­wing, het Van de Graaff ge­sê.

Bel vir Hig­gins by tel. 071 847 4161.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button