LettersOpinion

Bewaar boorgatwater vir die toekoms

’n Mens ry deur die dorp en sien — in die middel van die dag — dat sproeiers vol oop is en gras­perke lower­groen is by huise met ’n bordjie op die hek wat lui: Boor­gat.

Albie Pretorius, Bela-Bela, skryf:

Dit is bloedig warm en droog.

Die land gaan gebuk onder die ergste droogte in deka­des. Diere en plante swig voor die aan­slag van die son.

Damme droog op en ons wag in span­ning op die dag dat ons hier in Bela-Bela ook van water uit boor­gate afhank­lik sal wees, soos mense in Graaf Reinette en elders in ons land.

Dan ry ’n mens deur die dorp en sien — in die middel van die dag, wanneer nie­mand veron­der­stel is om tuine nat te spuit nie — dat sproeiers vol oop is en gras­perke lower­groen is by huise met ’n bordjie op die hek wat lui: Boor­gat.

Ek wonder of dié mense dink die water wat hulle so milde­lik gebruik is net van onder húlle erwe afkoms­tig. Gebruik hulle nie water wat eendag ons almal aan die leef moet hou nie? Dit is kort­sigtige en self­sugtige gedrag.

Dit is soos almal wat die aarde vir dekades met plastiek besoedel het en vandag besef ons wat die gevolge van ons eie gemak­sug en gebrek aan beplan­ning aan die omgewing, ons én ons kinders is. Spyt kom altyd te laat.

Ons kla oor die muni­sipa­liteit wat nie dadelik gebarste pype herstel nie en soms duisende liter water verlore laat gaan. Maar is die gebruik van boor­gat­water vir ’n privaat wo­ning se tuin nie ’n gelyk­soortige mors van óns kos­bare water nie?

Related Articles

Back to top button