LettersOpinion

Infrastruktuur stort in duie

Geen be­planning vind plaas nie, kritieke poste word nie gevul nie en abso­lute onbe­voegde mense word weens kader­ont­plooi­ing aan­gestel.

Michal Groene­wald, Vry­heids­front Plus, LP en hoof­woord­voer­der: Same­wer­kende rege­ring en tradi­sio­nele sake en mens­like neder­settings, skryf:

Soos elders in die land huiwer plaas­like rege­rings in Lim­popo op die rand van alge­hele ineen­stor­ting.

Tydens ‘n besoek van die parle­mentêre porte­feulje­komitee vir same­wer­kende rege­ring, tradi­sio­nele sake en mens­like neder­set­tings (CoGHSTA) aan dié pro­vinsie, het dit duidelik geblyk dat plaas­like rege­ring ver­val het tot blote krisis­bestuur en dat daar van profes­sio­nele, vol­hou­bare rege­ring nie meer sprake is nie.

Dit kan hoof­saaklik toege­skryf word aan die gevolge van ska­delike beleid soos reg­stellende aksie (RA). Geen be­planning vind plaas nie, kritieke poste word nie gevul nie en abso­lute onbe­voegde mense word weens kader­ont­plooi­ing aan­gestel.

Boonop word daar nie op­getree teen bestuur­ders wat hulle skuldig gemaak het aan korrup­sie en bedrog nie. So ont­vang muni­si­pale bestuur­ders wat on­wettig belasting­geld in die VBS-skema gestort het, ’n jaar ná hul skor­sing steeds volle sala­risse en voor­dele met geen aan­dui­ding van wan­neer en hoe hulle aan­spreek­lik gehou gaan word nie.

Dit kom daarop neer dat hulle goue hand­drukke ontvang vir hierdie onreël­matige beleg­ging in VBS. Die ge­volg van hier­die situasie is die verval van basiese dienste soos riole­ring en die vernie­ti­ging van infra­struk­tuur.

Dit is besig om vinnig te lei tot toe­koms­tige pro­bleme soos omge­wings­besoe­deling met gepaard­gaande gesond­heids­gevare wat haas onmeet­baar sal wees.

Dit is ’n abso­lute skande dat die ANC-rege­ring skyn­baar volhou met die besker­ming van kor­rupte kaders ten koste van die mense van Lim­popo. Die VF Plus sal met groter seggen­skap in plaaslike rege­ring toesien dat hierdie hag­like situasie reg­gestel word.

Related Articles

Back to top button