CrimeNews

Twee wéér vas ná polisie se vinnige optrede

Twee ver­meen­de kaart­die­we se turf sit na­dat ’n op-en-wak­ker po­li­sie­beamp­te hul ge­sigte her­ken en be­sef het dat hul­le moont­lik ook met an­der mis­da­de ver­bind kan word.

Ko­ket­so Ngu­bane en Tshe­po Mo­dim­bane het op Don­der­dag 17 Ok­to­ber in die land­dros­hof in Mo­di­mol­le ver­skyn na­dat ’n be­jaar­de man se bankkaart glo by die Ab­sa-kitsbank in die ModiMall op ’n slinkse wyse by hom afgevat is, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Ngu­ba­ne het skul­d beken op die aan­klag­te teen hom en is tot 12 maan­de tronkstraf ge­von­nis, wat vir vier jaar op­ge­skort is. Die saak teen Modi­ba­ne is te­rug­ge­trek in ’n pleit­ooreen­koms met die staat.

Sers. Aman­da Ros­souw, on­der­soek­beamp­te in die saak, het volgens Findlay vas­ge­stel dat die po­li­sie in Mid­rand op soek is na Modi­bane in ver­band met ’n be­drog­saak wat uit 2016 dateer.
Volgens Findlay het die twee mans se ge­sig­te vir Ros­souw be­kend ge­lyk en sy het gaan soek na kring­te­le­vi­sie-op­na­mes van ’n soort­ge­ly­ke voor­val waar ’n vrou op Sa­ter­dag 5 Ok­to­ber by die­self­de kits­bank ’n slag­of­fer was.

Die twee mans is in die be­skul­dig­de bank opnuut in heg­te­nis ge­neem. Die po­li­sie het vas­ge­stel dat die mo­tor waar­mee die twee ver­dag­tes ge­ry het, ge­huur was. Die ver­hu­rings­maat­skap­py het be­ves­tig dat die mo­tor op die be­trok­ke dag in Mo­di­mol­le was, het Findlay gesê.

Die twee ver­dag­tes is glo van Da­veyton in Be­no­ni. Hul­le het weer op Vry­dag 18 Ok­to­ber in die hof ver­skyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button