Twee van die mans is gou vasgetrek, maar die ander twee het die woonbuurt ingehardloop en is nog op vrye voet nadat hulle vermoedelik deur iemand opgelaai is.
Hoewel van die inwoners aanvanklik gedink het dit is ’n gefnuikte motorkaping, is die voertuig glo afgetrek omdat die insittendes daarvan verdink is dat hulle betrokke is by renosterstropery in die Bela-Bela-omgewing.
Oomblikke nadat die voertuig tot stilstand gedwing is, was talle polisiebeamptes op die toneel en het hulle die voertuig van hoek tot kant deursoek.
Volgens AO James Findlay, woordvoerder van die Modimolle-polisie, is twee van die mans in hegtenis geneem op aanklagte van die besit van huisbraakimplemente.
Volgens Findlay kon die mans tot dusver nie met renosterstropery verbind word nie.



