Local sportSport
Rekords spat tydens atletiekbyeenkoms
Hoërskool Warmbad het op Vrydag 25 Oktober ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied waar atlete van Hoërskool Nylstroom, Ben Viljoen, Ellisras, FH Odendaal en Afrikaans Hoër Seunskool deelgeneem het.
Die hoogtepunt van die byeenkoms was toe ’n paralimpiese atleet van die Hoërskool Dirk Postma, Emile Burgers (17), ’n wêreldrekord in spiesgooi verbeter.
Die rekord is egter nie erken nie omdat dit ’n vriendskaplike byeenkoms was.





