Hoërskool Warmbad het op Vrydag 25 Oktober ’n vriendskaplike atletiekbyeenkoms aangebied waar atlete van Hoërskool Nylstroom, Ben Viljoen, Ellisras, FH Odendaal en Afrikaans Hoër Seunskool deelgeneem het.
Die hoogtepunt van die byeenkoms was toe ’n paralimpiese atleet van die Hoërskool Dirk Postma, Emile Burgers (17), ’n wêreldrekord in spiesgooi verbeter.
Die rekord is egter nie erken nie omdat dit ’n vriendskaplike byeenkoms was.
Emile Burgers, paralimpiese atleet, het die bestaande wêreldrekord in spiesgooi (46 m) verbeter toe hy 50,4 m gegooi het, maar die rekord word nie amptelik erken nie. Emile het sedert 2017 tydens die byeenkomste van International Wheelchair and Amputee Sports Federation (IWAS)verskeie medaljes in Europese-lande verower. Hy het ook tydens die junior wêreldkampioenskap ’n goue medalje gewen. Marna van der Merwe, sportorganiseerder by Hoërskool Warmbad, is sy trotse afrigter. Foto: Herman Steyn
Tjaart du Plessis, nuutverkose onderhoofseun van Hoërskool Nylstroom, het met gemak die 800 m vir seuns o.17 gewen. Foto: Herman Steyn