Dawie Maree se foto “Big Bite” was die wenner in die kategorie vir wildlewefoto’s tydens die Bosveld-fotografieklub se Augustus-byeenkoms. Hy was ook die kategoriewenner en het ’n merietesertifikaat ontvang. Die beoordeelaar was John Tapuch van die Pretoria Photographic Society. Die klub kom een keer per maand in Modimolle bymekaar. Vir meer inligting, bel vir Lizelle Koch by tel. 082 772 2006 of stuur ’n e-pos aan bfotografieklub@gmail.com(.)