Local newsNews

Inwoners kuier by spogdinee

Die Na­boom Tuis­te vir Be­jaar­des het op Sa­ter­dag 26 Ok­to­ber ’n spog­ge­rige dinee in die NG-kerk­saal in die dorp aan­ge­bied.

Her­cu­les Louw, voor­sit­ter van die tuiste, het ge­sê geleent­hede soos hier­die is baie belangrik om genoeg geld in te samel vir die ver­sor­ging van die tuis­te se 80 be­jaar­des.

Vol­gens Louw skiet die be­drag wat be­jaar­des per maand be­taal ver te­kort en kos dit die te­huis aan­sien­lik meer per in­wo­ner.

“Ons kan eg­ter nie die prys ver­hoog nie, om­dat die eko­no­mie maar orals druk,” het hy ge­sê.

Die di­nee se kaar­tjie­ver­ko­pe het glad ver­loop en 154 gas­te het plek be­spreek. Die gas­te was spog­ge­rig ge­klee en het die ses­gang­maal­tyd baie ge­niet. “Ons het die aand só ge­niet,” het Let­tie Lom­baard, een van die gas­te, ge­sê.

Vol­gens Louw is die te­huis se uit­da­gings min­der se­dert die aan­stel­ling van Bidvest om te help met die be­stuur van die kom­buis, skoon­maak en tui­ne. Dit is ook nie meer net uit­sluit­lik ’n “oue­te­huis” nie, maar ’n ver­sor­gings­oord. Daar is 60 bed­lêen­de be­jaar­des wat vol­tyds ver­sorg word en daar is maan­de­liks baie aan­ko­pe wat ge­doen moet word vir die ver­sor­ging van al die in­wo­ners. Louw het vir Toeks Eras­mus, wat die dryf­krag ag­ter die heer­like dinee was, ge­loof vir die wy­se waar­op sy on­ver­poos werk om geld in te samel.

Eras­mus het op haar beurt al­mal wat ’n by­drae ge­le­wer het, be­dank vir hul on­baat­sug­ti­ge on­der­steu­ning.

“Die lys van sken­kers is so lank, dat ek dit op die ag­ter­kant van die spys­kaart laat druk het,” het sy ge­sê.

Die kom­buis­per­so­neel van die tuis­te het die kos voor­be­rei en Shangri-la Country Hotel het ge­sorg vir die na­ge­reg en kaas­bor­de.

’n Oud­leer­der van Hoër­skool Hans Strij­dom, An­ne­ma­rie Mailo­vich, het die gas­te be­koor met haar sang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button