
Volgens die polisie is Uche Anointed Udemba (46) oorspronklik van Nigerië, maar het hy in Maart vanjaar wettig Suid-Afrikaanse burgerskap ontvang.
Udemba het op Maandag 11 November in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van die besit van dwelmmiddels.
Die saak is uitgestel na Dinsdag 19 November. Hy is steeds in aanhouding. Op die foto is die middels waarop die polisie beslag gelê het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



