CrimeNews

Man sterf kort ná ie­mand hom glo vas­druk

’n Man van Be­la-Be­la is op Maan­dag 4 No­vem­ber in die Warm­bad-hos­pi­taal dood na­dat hy glo die­self­de dag deur ’n omstander in Chris Ha­ni­weg vas­ge­druk is.

Jur­gens O­ber­hol­zer (64), ’n pen­sioe­ntrekker en gewese nutsman wat die afgelope 15 jaar in die dorp gewoon het, se skie­li­ke dood word deur die Bela-Bela-po­li­sie as “ba­ie vreem­d” beskou. Die voor­val het op die hoek van Pre­to­ria­weg en Chris Hani­straat, reg voor die onder­ne­ming Scribble & Skryf in die sentrale sake­sektor, plaas­ge­vind.

Vol­gens die polisie beweer ’n an­der in­wo­ner, wat aan oor­kant van die pad ge­staan het, dat hy gesien het hoe iemand vir O­ber­hol­zer vasge­druk het ter­wyl drie an­der mans teen die muur van die ge­bou ge­staan en toe­kyk het. Die in­wo­ner het ver­moed dat iets nie pluis is nie en het oor die pad ge­stap om te kyk wat aangaan.

Die oom­blik toe die in­wo­ner na­der­ge­kom het, het die groep mans op die vlug ge­slaan, het dié man aan die polisie gesê. Die in­wo­ner het ’n am­bu­lans ontbied omdat O­ber­hol­zer ontsettend ge­skok was.
So­ver die po­li­sie kon vas­stel, is niks van O­ber­hol­zer ge­steel nie. Hy is in die hospitaal in die dorp opgeneem waar hy later die middag oorlede is.

AO An­dré van de Ven­ter, on­der­soek­be­amp­te in die saak, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê O­ber­hol­zer het, so­ver vas­ge­stel kon word, geen fi­sie­ke be­se­rings ge­had nie. Die polisie wag nou op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

Sy begrafnis vind plaas op Saterdag 16 November om 11:00 vanuit die AGS-gemeente in Ludorfstraat, Bela-Bela.

Enigiemand met in­lig­ting oor die voor­val word gevra om Van de Ven­ter te bel by tel. (014) 736 9713 of tel. 083 604 1673.

At Caxton, every story is written by humans. We use AI only to perform quality checks - never to generate the news. Happy reading!

Support local journalism

Add Die Pos as a Preferred Source on Google and follow us on Google News to see more of our trusted reporting in Google News and Top Stories.

Related Articles

Back to top button