Die Nylstroom Hotshots-netbalspan het op Saterdag 16 November kragte gemeet teen die span van Thabazimbi. Die telling was 42-28 in die Hotshots se guns.
Op die foto is Francis Kruger (skeidsregter), Wilmarize Benadé, Chantelle Coetzer, Kiepie van Niekerk, Almé Bruwer, Snowie Lang, Sunande Gerber, Marise Viljoen, Mariza Toet en Marcelle Marais. Benadé is as speler van die wedstryd aangewys.