LettersOpinion

Hier­die soort ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad moenie ongestraf bly

ANC-pa­tro­naat­skap mag nie ’n pas­poort wees om ongestraf by ern­sti­ge wan­da­de be­trok­ke te wees nie.

Mi­chal Groe­ne­wald, VF-Plus LP en hoof­woord­voer­der vir sa­me­wer­ken­de re­ge­ring, skryf:

ANC-pa­tro­naat­skap mag nie ’n pas­poort wees om ongestraf by ern­sti­ge wan­da­de be­trok­ke te wees nie.

Hoe­wel die ou­di­teur-ge­ne­raal (OG) nou be­vind het dat die R1,6 mil­jard wat mu­ni­si­pa­li­tei­te by die VBS Bank be­lê het waar­skyn­lik nie ver­haal sal kan word nie, dring die VF Plus daar­op aan dat amp­te­na­re wat be­trok­ke was, ver­volg word en dat die geld van hul­le per­soon­lik ver­haal moet word.

Wat by die VBS ge­beur het, is ’n goei­e en dui­de­li­ke be­wys dat kor­rup­sie en be­drog ’n di­rek­te invloed het op ver­al die arms­te men­se aan­ge­sien die R1,6 mil­jard aan­ge­wend moes word om diens­te aan die ge­meen­skap te le­wer.

Dit het nie ge­beur nie en daar is al wyd be­rig oor hoe die geld in die sak­ke van on­der an­de­re se­ke­re po­li­ti­ci be­land het. ’n Skat­ryk groe­pie ka­ders is be­voor­deel ten kos­te van die ar­mes.

Die re­ge­ring moet wys hy is ern­stig oor sy be­stry­ding van mis­daad en kor­rup­sie deur nie net op te tree teen die skul­di­ges in die VBS-skan­daal nie, maar al­le kor­rup­sie en be­drog uit­­wis deur werk­li­ke ver­vol­ging en op­tre­de weens die di­rek­te ge­volg daarvan.

Vol­gens die OG was die groot­ste deel van die VBS-geld af­koms­tig van ’n ge­or­ga­ni­seer­de ske­ma waar geld on­wet­tig deur mu­ni­si­pa­li­tei­te by VBS “be­lê” is. Die res van die be­leg­gings is ver­kry van arm, weer­lo­se men­se.

Die invloed op die be­trok­ke mu­ni­si­pa­li­teite en hul ge­meen­skap­pe is e­norm.

Die ver­lie­se raak nie net geld wat vir groei­ge­rig­te in­fra­struk­tuur­pro­jek­te be­doel was nie, maar ook geld vir ba­sie­se diens­te en lo­pen­de uit­ga­wes.

Wat hier ge­beur het, is een van die erg­ste ge­val­le van ge­or­ga­ni­seer­de mis­daad in die land se ge­skie­de­nis en net daad­werk­li­ke op­tre­de en swaar straw­we sal ’n dui­de­li­ke bood­skap uit­stuur dat geen vorm van mis­daad ge­duld sal word nie, on­ge­ag of dit ge­pleeg is deur ANC-ka­ders of nie.

Related Articles

Back to top button