CrimeNews

Be­lo­ning vir in­lig­ting ná man se dood

Die pre­sie­se oor­saak van sy dood word steeds on­der­soek, maar volgens sy familie het hy geen sig­ba­re be­se­rings aan sy lyf gehad nie.

Die fa­mi­lie van Jur­gens O­ber­hol­zer (64) van Be­la-Be­la, wat verlede week onder raaisel­ag­tige om­standig­hede gesterf het, bied ’n be­lo­ning aan vir in­lig­ting wat lig kan werp op die voorval op Maan­dag 4 No­vem­ber op die hoek van Chris Ha­ni­weg en Pre­to­ria­straat waarin O­ber­hol­zer be­trok­ke was.

O­ber­hol­zer, ’n pen­sioen­trek­ker, is glo helder oordag op dié hoek naby Scribble & Skryf deur ’n vreem­de man “vas­ge­druk” ter­wyl omstanders gestaan en toe­kyk het.

’n Ander inwoner het glo die relletjie gesien en oor die straat ge­stap om O­ber­hol­zer te hulp te snel. Dít het glo die om­stan­ders laat spaander.

’n Ge­skok­te O­ber­hol­zer is na die Warm­bad-hos­pi­taal ge­neem waar hy die­self­de dag dood is. So­ver die po­li­sie kon vas­stel is niks van hom ge­steel nie.

Die pre­sie­se oor­saak van sy dood word steeds on­der­soek, maar volgens sy familie het hy geen sig­ba­re be­se­rings aan sy lyf gehad nie.

Vol­gens sy fa­mi­lie was hy voor sy dood fiks, ge­sond en al­tyd besig met ’n pro­jek.

“Hy was be­kend as vre­de­ma­ker en ’n goei­e mens” het ’n familie­lid aan Die Pos ge­sê.

“Die fa­mi­lie het be­sluit om ’n be­lo­ning van R5 000 uit te loof aan e­nig­ie­mand wat weet wie die man is wat vir Ober­holzer vas­ge­druk het of meer in­lig­ting het wat die po­li­sie met hul on­der­soek kan help,” het die familielid ge­sê.

O­ber­holzer is op Sa­ter­dag 16 No­vem­ber van­uit die AGS-kerk in die dorp begrawe.

Hy het in Ger­mis­ton groot­ge­word en het ná skool by be­mar­king en verkope betrokke geraak.

Hy het later in Pie­naars­ri­vier gewoon en daarna by sy sus­ter en haar man in Be­la-Be­la gaan woon.

O­ber­hol­zer was volgens sy familie baie vernuftig in die lê van pla­vei­sel. “Met sy kuns­te­naars­oog kon hy van e­ni­ge eien­dom ’n skep­ping maak. Hy was ui­ters per­fek­sio­nis­ties en was al­tyd trots op dit wat hy vol­tooi het.”

“Hy het met min af­ge­tree, maar hy was die soort mens wat sy laas­te geld, sny brood of kleding­stuk vir ie­mand wat dit meer as hy no­dig gehad het, sou gee. Jurie se dood gaan regtig ’n leemte in ons lewens laat.”

O­ber­hol­zer laat sy sus­ter, broer en drie volwasse dogters agter.

Men­se wat O­ber­hol­zer se fa­mi­lie met in­lig­ting wil na­der, kan hul­le bel by tel. 072 796 8863 of vir AO An­dré Van de Ven­ter, on­der­soek­be­amp­te, by tel. (014) 736 9713 of tel. 083 604 1673.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button