CrimeNews

Boewe vergiftig talle honde in Bela-Bela-omgewing

“Ons het la­ter gif in die huis se bad­ka­mer ge­vind. Daarna het ons besef dat ons Toy­o­ta-bak­kie ge­steel is.”

Verskeie hon­de is die af­ge­lo­pe twee we­ke in die Be­la-Be­la- en Sett­lers-om­ge­wing deur boos­doe­ners, wat daarna by die persele probeer inbreek het, ver­gif­tig.

Die eers­te voor­val was laat­nag of vroeg­oggend op Vry­dag 8 No­vem­ber op ’n plaas op die Tha­ba­zim­bi-pad buite Bela-Bela.

Die eienaar, wat om veilig­heids­redes anoniem wou bly, het aan Die Pos ge­sê twee van hul hon­de is dood na­dat hul­le gif ingekry het.

“Ons het een van ons hon­de bui­te ons erf gesien lê en be­sef hy is vergiftig, waarna ons onsself da­de­lik in die huis toe­ge­sluit het. Ek kon nie ver­der slaap nie,” het die slag­of­fer ge­sê.

“Teen dag­breek het ek die klei­ner hondjie, wat in die huis was, uit­ge­laat, maar ek het opgemerk dat hy vreemd op­ge­tree het en hy is ook kort daarna dood. Ons het la­ter gif in die huis se bad­ka­mer ge­vind wat die ver­dag­tes vermoe­delik deur ’n oop vens­ter ge­gooi het. Die­self­de og­gend het ons besef dat ons Toy­o­ta Hi­lux-dub­bel­ka­juit­bak­kie ge­steel is.”

Die buurt­wag en die po­li­sie is uit na die to­neel en ’n soek­tog na die voer­tuig is begin.

Die slag­of­fers het intussen verneem dat fa­mi­lie­le­de wat naby hulle woon, se hon­de ook vergiftig is.

Die ge­steel­de bak­kie is later opgemerk waar dit in die rig­ting van Mook­go­phong op pad was, maar die booswigte het die polisie ontglip.

In nog ’n voor­val is die Daling-gesin van Settlers op Vry­dag 15 No­vem­ber ge­tei­ken.

El­mien Da­ling het by na­vraag ge­sê hulle hon­de het teen 01:30 die og­gend aan die blaf ge­raak, waarna haar man, Ger­hard, gaan on­der­soek in­stel het.

Twee van hul­le hon­de is dood ge­vind en ’n der­de sterk tans by die dierekliniek in die dorp aan, het El­mien ge­sê.

So­ver hul­le kon vas­stel het die ver­dag­tes niks ge­steel nie.

“Ons het via ons vei­lig­heids­groe­pe verneem die oom­blik wan­neer hon­de ver­gif­tig word, word ’n gro­ter mis­daad be­plan,” het El­mien ge­sê.

“Ons plaas­wag is op hul­ hoe­de vir e­ni­ge ver­dag­te ak­ti­wi­teite en ons moet nou net vei­li­ger op­tree.”

Sy het ver­tel dat daar vroe­ër in die week bewe­rings was dat nóg hon­de na­by ’n plaas­li­ke in­ge­nieurs­on­der­ne­ming, as­ook by die Sett­lers-rol­bal­klub, ver­gif­tig is. Die po­li­sie kon dit eg­ter nie be­ves­tig nie.

By al die onlangse gevalle het die ver­dag­tes hei­ning­dra­de ge­knip of deur die dra­de ge­klim om toe­gang tot die eien­dom­me te kry, het die slag­of­fers aan Die Pos gesê.

Die gif is vol­gens die slag­off­ers op vleis­stuk­ke ge­strooi en uit­ge­gooi vir die hon­de.

Die waar­skyn­lik­heid dat die gif, wat meestal as plaag­do­der gebruik word, by boe­re ge­steel is, is ook ’n groot moont­lik­heid, het van die slagoffers gesê.

Die be­trok­ke slag­of­fers be­dank hul bu­re, vrien­de en die hulp van die buurt­wag­te wat flink op­ge­tree het. Die po­li­sie on­der­soek die sa­ke ver­der.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button