CrimeNews

Saak teen Rooiberg-vyf eers weer in 2020 voor hof

Die saak teen die vyf be­skul­dig­des wat verdink word van die moord op Piet Ven­ter (51) op sy plaas naby Rooiberg in No­vem­ber 2015, is uit­ge­stel na Woens­dag 12 Fe­brua­rie aan­staan­de jaar.

Ru­ben Miles, JP Jo­han­nes­se, Mo­na Oost­hui­zen, Chris­to­pher Jou­bert (Oost­hui­zen se seun) en Loui­sa Ri­cco staan te­reg op aan­klag­te van moord, huis­braak en roof met ver­swa­ren­de om­stan­dig­he­de. Jo­han du Toit, wat aan­vank­lik saam met die an­der aan­ge­kla is, het intussen ’n staats­ge­tuie geword.

Hy het in sy ge­tuie­nis be­weer dat die groep besluit het om by Ven­ter se huis in te breek en geld uit die kluis te steel om­dat hy nie geld aan Ric­co wou leen nie.

Ven­ter is dood in sy huis aan­ge­tref. Hy was vas­ge­bind en toe­ge­rol in ’n mat. Die na­dood­se on­der­soek het aan­ge­dui dat hy ver­smoor het. Die hof het ge­hoor dat Du Toit en Jou­bert voor­heen op die plaas ge­werk het.

Die saak, wat deur land­dros Pie­ter Man­tha­ta aan­ge­hoor word, is uit­ge­stel om­dat twee van die be­skul­dig­des se regs­ver­teen­woor­di­ger ongesteld was.

Al die be­skul­dig­des, be­hal­we Miles, is reeds uit op borg­tog. Miles bring op Woens­dag 4 De­sem­ber ’n borg­aan­soek in die Bela-Bela-land­droshof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button