Local newsNews

Verbod op veeveilings oor bek-en-klou­seer duur voort

Veilings­krale in Lim­­po­po, Gau­teng, Noord­wes en M­pu­ma­lan­ga staan vir die derde agter­een­vol­gende week dolleeg nadat ’n verbod op veeveilings geplaas is weens die die uitbraak van die siekte bek-en-klouseer.

Vervoer van vee in en vanuit dié provinsies is ook beperk, hoewel talle mense beweer dié beper­king word glad nie deur owerhede toegepas of beheer nie.

Bek-en-klouseer is hoogs aan­steek­li­k en raak diere met gesplete hoewe. Nie net die vee­bedryf word dus deur dié krisis geraak nie, maar ook die wildbe­dryf.

’n Nood­ver­ga­de­ring is op Woens­dag 20 No­vem­ber by André Kock & Seun se vei­ling­kra­le buite Be­la-Be­la ge­hou. Gemoedere het veral hoog geloop omdat tal­le men­se die re­ge­ring daar­van beskuldig dat hul­le nie ge­noeg ge­doen het om die eers­te uit­braak in Jan­ua­rie te beheer nie en stééds nie streng genoeg optree nie.

“Waar is die soge­naamde padblokkades?” wou talle mense weet.

Hoe­wel Mi­chael Mlen­ga­na, di­rek­teur-­ge­ne­raal van die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, op die nood­ver­ga­de­ring be­loof het dat die pro­vin­sia­le po­li­sie en sy de­par­te­ment sal toe­sien dat veevervoer beheer sal word, lyk dit nie asof dié planne ten vol­le in wer­king ge­stel is nie.

Die Pos het byvoorbeeld op Son­dag 24 No­vem­ber ’n bak­kie met ’n vrag vol bees­te ag­ter­op op die R516-pad buite Bela-Bela ge­waar. Die bak­kie, met ’n Gau­teng-nom­mer­plaat, het met die vee in die rig­ting van die Be­la-Be­la-town­ship ver­dwyn.

’n Bek-en-klou­seer­fo­rum (BK-forum) is na af­loop van die ver­ga­de­ring op die been ge­bring om, in sa­me­wer­king met die re­ge­ring, die beste moontlike stappe te doen om die siekte te beheer en te bekamp.

Jacques Smal­le, DA-lei­er in Lim­po­po, het in ’n ver­kla­ring ge­sê die pro­vin­sia­le te­sou­rie wou nie geld be­wil­lig om die siek­te in die ge­vaar­ge­bied na behore te be­kamp nie.

Smalle, as­ook Kath­leen Lom­bard, kom­mu­ni­ka­sie­be­amp­te van die BK-fo­rum, het ge­sê meer as 20 000 diere is reeds met die siekte besmet.

Reg­gie Ngcobo, woord­voer­der van die de­par­te­ment van land­bou, kon nie die sy­fers be­ves­tig nie.

Die feit dat die siekte aanhou versprei, is ’n e­nor­me slag vir die on­ge­veer 91 562 vee­boe­re net in Lim­po­po, meen Smal­le.

“Die fi­nan­sië­le ver­lie­s kan mil­jar­de ran­d be­loop en sal lang­ter­myn­gevlge hê wat werk­ver­lie­se en die aan­hou­den­de re­ha­bi­li­ta­sie van wei­velde in­sluit. Die ver­lies per bees is na ra­ming R3 500, wat stoet- en teeldiere uit­sluit,” het hy ge­sê.

Mar­celle Ma­ritz, VF Plus-lei­er in Lim­po­po, het ge­sê die de­par­te­ment moet so gou moont­lik sekere ge­bie­de as vei­lig ver­klaar anders kan die vee­be­dryf en die e­ko­no­mie heelte­mal in­een­stort.

“Om die pro­bleem te ver­er­ger, het die de­par­te­ment ’n we­sen­li­ke te­kort aan vee­art­se. Dit kan as een van die re­des vir van­jaar se twee­de uit­braak van bek-en-klou­seer be­skou word,” het sy ge­sê.

“Die voort­du­ren­de droog­te in die pro­vin­sie het ook ramp­spoe­di­ge ge­vol­ge vir die land­bou­ge­meen­skap wat ’n ne­ga­tie­we uit­wer­king op voed­sel­se­ker­heid, werk­ge­leent­he­de en e­ko­no­mie­se groei in die pro­vin­sie het.”

Lom­bard het by na­vraag ge­sê hoe­wel ving­ers na die re­ge­ring ge­wys word, moet pro­du­sente hul kant bring en saam met die re­ge­ring die pro­bleem help op­los.

“As ons nie pro­to­kol volg nie, sal el­ke bees in die land bin­ne die vol­gen­de vyf maan­de besmet wees,” het sy ge­sê. “As daar nou vei­lings ge­hou word, kan die siek­te ver­der ver­sprei.”

Vol­gens die fo­rum is daar so­ver slegs twee er­ken­de slag­pa­le wat mag­ti­ging het om diere te slag. Die slag­ting van vee vind op ’n be­heer­de wy­se plaas, waarna die vleis ont­been en die be­ne ver­nie­tig word.

“Selfs daar­die slag­pa­le is on­der kwa­ran­tyn ge­plaas, want ons is in ’n nood­si­tua­sie en geen pro­duk kan sum­mier uit­ge­voer word nie,” het Lom­bard ge­sê.

Die fo­rum sal eersdaags ­maat­reëls uitreik van hoe pro­du­sen­te hul vee, trok­ke en vee­kra­le moet ste­ri­li­seer. ’n Klag­te­lyn sal ook op die been ge­bring word.

Lom­bard raai pro­du­sente aan om ge­bruik te maak van pri­vaat- of staats­vee­art­se vir kla­ring­­ser­ti­fi­ka­te vir hul vee.

Ngco­bo het teen druk­tyd geen ver­de­re plan­ne van ak­sie be­kend ge­maak nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button