Local newsNews

Man ver­drink glo by oord

’n Man van Be­no­ni het vermoe­delik op Vry­dag 22 No­vem­ber by die Pendleberry Grove-oord in Be­la-Be­la ver­drink.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê Man­dla Mah­lan­gu (32) het glo die betrokke dag ’n af­slui­tings­­gesellig­heid saam met vrien­de en kol­le­gas by die oord byge­woon.

Sy vriende het hom in die oord se swem­bad ge­sien dryf en hom na die Warm­bad-hos­pi­taal gehaas, maar hy is glo by die hos­pi­taal dood ver­klaar, het Ma­pon­ya ge­sê.

Sa­rie Tur­ner, be­stuurs­lid van Pendle­ber­ry, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê die voor­val het al­mal by die oord ge­trau­ma­ti­seer.

“Die groep men­se wat saam met hom hier was, het baie rustig ge­kuier. Ons het op die vei­lig­heids­ka­me­ras ge­sien hoe hy (Mahlangu) nog een oom­blik bo die wa­ter was en toe het hy skielik onver­klaar­baar onder die water verdwyn. Dit was reg­tig ’n tra­gie­se on­ge­luk,” het sy ge­sê.

“Ons wil ons in­ni­ge sim­pa­tie met sy fa­mi­lie deel. Sy dood het ons al­mal diep ge­tref,” het Tur­ner ge­sê.

’n Na­dood­se on­der­soek word gedoen om die oor­saak van Mahlangu se dood te be­paal.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button