Local sportSport
Skuts skitter by kampioenskap
Vier boogskuts van Bela-Bela het aan die 3Di-nasionale boogskietkampioenskap by Magnum Archery buite Pretoria deelgeneem en baie goed presteer.
Quintin du Preez het goud behaal en die Best of the Best-uitskietkompetisie gewen. Hy het ook Protea-kleure verwerf nadat hy in Augustus aan die wêreldkampioenskap in die VSA deelgeneem het.

Die ander klublede wat presteer het, was Nadia du Preez (provinsiale kleure), Lourinda Wienekus (goud in haar klas en nasionale kleure) en Annemike du Preez (silwer medalje in haar afdeling en wenner van die Triple Crown-trofee).
Die skuts berei reeds voor vir Januarie wanneer die 3Di Vrystaat-kampioenskap in Fochville gaan plaasvind. Mense wat by die klub wil aansluit, kan vir Quintin du Preez bel by tel. 073 221 2997.



