Local newsNews
Hiert, kyk hoe parkeer ek nou!
’n Groot wipneuskobra het vir konsternasie by die lisensiekantoor in Modimolle gesorg.

’n Groot wipneuskobra het vir konsternasie by die lisensiekantoor in Modimolle gesorg.
Die personeel het op Maandag 25 November besef dat die slang homself tuisgemaak het in die put waar hulle die voertuie vir padvaardigheid toets.
Hulle het slangvanger Theunis Victor gekontak wat die 1,8 m lange reptiel uit die waterpyp, waar dit gaan skuil het, gehaal het. Hy het die mense, wat baie verlig was toe die slang gevang is, kans gegee om daaraan te voel.
“Die wipneuskobra is baie giftig. Gelukkig het hulle hom raakgesien voordat iemand gebyt kon word,” het Victor gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



