- Toets jou alarmstelsel en sorg dat die persoon wat na jou huis kyk, weet hoe die stelsel werk.
- Stoor asblikke veilig weg.
- Sorg dat jou bure jou kontakbesonderhede het, asook van die mense wat na jou woning en diere kyk.
- Stel jou bure in kennis wanneer jy vertrek en wanneer jy terugkeer.
- Moenie op openbare groepe vertel dat jy weggaan vir die vakansie nie.
- Sorg dat buiteligte en sensors in ’n werkende toestand is.
- Gebruik ligte in die huis wat aan tydskakelaars gekoppel is.
- Moenie selfone of beursies in jou agterste broeksak ronddra nie.
- Moenie groot bedrae kontant saam met jou ronddra nie.
- Hou jou handsak op jou skoot wanneer jy in ’n restaurant eet.
- As jy probleme by ’n kitsbank met jou bankkaart ervaar, skakel die bank en kanselleer die kaart.
- Sluit waardevolle items in ’n kluis toe.
- Maak seker dat jou televisie en elektroniese toestelle nie van buite sigbaar is nie.
- Sluit elektroniese toestelle op ’n veilige plek toe.
- Maak seker dat jy nie agtervolg word wanneer jy iemand by die lughawe op- of aflaai nie.
- Moenie enige sleutels buite jou huis wegsteek nie.
- Bêre alle tuingereedskap, stoele en tuinslange.
- Installeer geslote baankameras en koppel dit aan jou slimfoon.
- Maak seker dat jou elektriese heining en motorhek in ’n werkende toestand is.
- Maak seker dat alle slotte, deure, vensters en veiligheidshekke behoorlik toe is.
- Reël dat iemand jou tuin versorg terwyl jy op vakansie is.
- Snoei plante naby jou elektriese heining.
- Sluit motors en motorfietse toe.
- Moenie voertuigsleutels op plekke los waar dit maklik bereik kan word nie.
- Toets jou voertuig se opsporingstelsel.
- Pak en laai vir die vakansie waar niemand jou kan sien nie.
- Moenie langs die pad stilhou tensy jy seker is dat dit veilig is nie.
- Gebruik sensorligte.
- Maak seker dat areas naby ingange en kamervensters goed belig is.
- Vra iemand om pos uit jou posbus te verwyder en staak alle koerantaflewerings.
- Maak seker dat jou hek nie van sy spoor af gelig kan word nie.
- Kyk dat daar nie vermiste panele, gate of vreemde voorwerpe in jou heining is nie.
- Snoei bome en struike naby die ingange na jou eiendom of langs elektriese heinings.
- Maak jou posbus daagliks leeg.
- Koppel jou alarmstelsel aan ’n reaksie-eenheid.
- Toets alle noodknoppies.
- Sluit altyd jou voertuig se deure.
- Moenie waardevolle items in jou voertuig los waar almal dit kan sien nie.
- Moenie vensters naby bedkassies oop los nie.
- Moenie elke dag dieselfde roete volg nie.
- Wees waaksaam as jy by jou hek stilhou.
- As jy gekaap word, volg die kaper se instruksies en moet hulle nie in die gesig kyk of met hulle stry nie.
- Moenie die verpakking van waardevolle toestelle in die straat langs die asblik plaas nie.
- Moenie saans uitgaan as jy iets buite hoor nie.
- Moenie werkers op straathoeke in diens neem nie.
- Laat jou honde in die huis slaap en kyk vir gif in die erf.
- Meld enige verdagte persoon by die onderskeie veiligheidstrukture aan.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



