Die leerders van Kleuterskool Bosveldspruitjies in Bela-Bela het op Donderdag 21 November ’n oulike Kersspel vir hul ouers aangebied. Die vrolikheid het die hoogte ingeskiet toe Kersvader op ’n vierwielaangedrewe voertuig, pleks van ’n sleë, by die skool opgedaag het om geskenke af te lewer.