CrimeNews

Man ge­soek in ver­band met moord­saak in Be­la-Be­la

Die Be­la-Be­la-po­li­sie vra die gemeen­skap se hulp met in­lig­ting in verband met ’n ver­dag­te wat met ’n moord in Spa Park ver­bind word.

Rai­si­be Do­rah Aschen­dorff (58) is die laaste naweek in No­vem­ber by haar huis in Hoep-Hoep­straat ver­moor.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het vroe­ër ge­sê ’n ver­dag­te met wie sy ’n ver­hou­ding gehad het, het glo deur ’n vens­ter toe­gang tot die huis verkry nadat sy hom nie wou inlaat nie.

Die po­li­sie het Aschen­dorff dood in haar slaap­kamer op die bed aan­ge­tref. Sy is tal­le ke­re met skerp voor­wer­pe ­ge­steek.

Ma­pon­ya het ge­sê die huis was ontsettend deur­me­kaar wat moontlik aan­dui­ dat Aschen­dorff haar teen haar aanvaller verset het. Twee mes­se en ’n kom­buis­vurk, waar­mee sy vermoe­delik gesteek is, is in die slaap­ka­mer ge­vind, het Ma­pon­ya ge­sê.

Die ver­dag­te het kort ná die voor­val spoor­loos ver­dwyn.

  • Die polisie is dringend op soek na Ma­da­la Hum­bu­la­ni (40) in verband met dié voorval.

    Vol­gens die po­li­sie is Hum­bu­la­ni oor­spronk­lik van Tho­ho­yan­dou en het hy vroeër in Cul­li­nan ge­woon. Hy het ’n vorige veroor­deling van diefstal.

    Hy het Aschen­dorff glo in 2015 in Pretoria ont­moet nadat hy vrygelaat is.

    Die twee het later na Be­la-Be­la ver­huis, maar het glo ’n on­stui­mige verhouding gehad, het die polisie gesê.

    Men­se wat in­lig­ting het oor waar Hum­bu­la­ni is, word gevra om vir AO Da­na Smith te bel by tel. 083 513 3784 of vir AO An­dré Van de Ven­ter by tel. 083 604 1673.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button