LettersOpinion

Dié winkel sien my nie weer

Ek tree tus­sen die rak­ke uit net om ’n man te sien wat ag­ter in die win­kel sit met sy han­de ag­ter sy kop; be­ne voor hom uit­ge­strek.

Koop-nie-weer-nie, Mo­di­mol­le, skryf:

Ek stap twee we­ke ge­le­de by ’n vol­ge­pak­te win­kel in die hoof­straat van Mo­di­mol­le in.

Ek sien nie­mand toe ek tus­sen die rak­ke be­gin deur­stap nie. Ná ’n ruk hoor ek iemand skree: “Goeie mid­dag!” Ek kyk rond, maar sien nog steeds nie­mand nie. ’n Twee­de maal hoor ek iemand “goeie mid­dag” skree.

Ek tree tus­sen die rak­ke uit net om ’n man te sien wat ag­ter in die win­kel sit met sy han­de ag­ter sy kop; be­ne voor hom uit­ge­strek.

“Wat soek jy?” kom dit nog steeds vanuit die­self­de po­si­sie.

Ek sê waar­na ek op soek is. Met nog geen roe­ring van sy kant nie, sê hy: “Ons het dit nie.”  Maar toe roep hy tog die as­si­stent van ag­ter uit ’n stoor­kamer om te kom help.

’n Vrien­de­like vrou kom na my toe. Ek sê weer waarna ek op soek is en daar haal sy die ar­ti­kel van die rak af. Die win­kel het dit toe!

Ek het die geld aan die as­sis­tent ge­gee om te gaan be­taal.  Ek het nie die sit­ten­de man be­lang­rik ge­noeg ge­ag om na hom toe te stap en die ar­ti­kel te be­taal nie.

Tot­dat ek die win­kel ver­laat het, het hy nooit uit sy sit-lê po­si­sie reg­op ge­kom nie.

No­de­loos om te sê:  Ek sal beslis nie weer dié on­der­ne­ming be­soek nie.

Related Articles

Back to top button