CrimeNews

Regte nommers vir die polisie

Inwoners van Modimolle moet seker maak dat hulle die reg­te kon­tak­nom­mers vir die Mo­di­mol­le-po­li­sie stoor.

Die po­li­sie se tele­foon­nom­mers het vir die tweede keer binne ’n kort tyd ver­an­der, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Die sta­sie kan ge­kon­tak word op die land­lyn by tel. (014) 718 1188/9 of by tel. (014) 718 1190/1. Die sel­foon­nom­mers is tel. 071 690 8529 en tel. 071 656 7029.

Vol­gens Find­lay was dit die afgelope De­sem­ber stil op die mis­daad­front in Mo­di­mol­le. “Hoe­wel daar rooftogte by sake­onder­ne­mings in Phaga­meng was, was daar nie ’n toe­na­me oor die fees­sei­soen nie. Selfs dronk­be­stuur en huis­bra­ke het nie noe­mens­waar­dig toe­ge­neem nie. Ons ver­wag wel dat ons vandees­week meer huis­braak­klag­tes sal ont­vang wanneer in­wo­ners van va­kan­sie af te­rug­keer en be­sef dat daar by hul wo­nings in­ge­breek is,” het hy ge­sê.

Hy sê die beter syfers word daar­aan toegeskryf dat daar ver­moe­de­lik min­der men­se weg was met va­kan­sie, meer po­li­sie­sig­baar­heid en die gro­ter hoe­veel­heid polisie­ope­ra­sies wat uit­ge­voer is en ’n dem­per op mis­da­di­gers se plan­ne ge­plaas het.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button