Altesame 73,2% van die leerders wat die 2019-matriekeksamen geskryf het, het geslaag.
Die Waterberg-distrik het ’n toekenning ontvang vir die distrik wat die grootste verbetering getoon het. Die toekenning is op Woensdag 8 Januarie deur Julia Madela, direkteur van die Waterbergdistrik, tydens ’n seremonie by The Ranch Hotel in Polokwane ontvang.
Marlene van Staden, burgemeester van die Modimolle-Mookgophong-munisipaleit, het al die matrieks van 2019 geluk gewens. “Ek is supertrots op elkeen van julle,” het sy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



