Die Berbon-perdestalle buite Bela-Bela is die gasheer van vanjaar se eerste kwalifiserende rondes van die Western Mounted Games wat op Saterdag 8 Februarie plaasvind. Ruiters neem aan ses kwalifiserende rondes deel om deur te dring na die nasionale kampioenskap in September. Ruiters neem aan vyf verskillende items tydens elke kwalifiserende ronde deel. Ruiters van 6-70 jaar word genooi om aan die geleentheid deel te neem. Vir navrae bel vir Brenda van Bosch by tel. 082 565 1907. Op die foto galop ’n ruiter en sy perd blitsig deur ’n hindernisbaan tydens ’n vorige geleentheid by die Berbon-stalle.