Local newsNews

Grond­ont­eie­ning: In­spra­ke tot ein­de Jan­ua­rie

Die vrees­ dat wysigings nie net tot land­bou­grond be­perk is nie, is steeds op almal se lip­pe.

Grond­ei­enaars het nog net twee we­ke tyd om in­spraak te lewer tot die om­stre­de wy­si­ging van ar­ti­kel 25 van die grond­wet wat oor grond­ont­eie­ning son­der ver­goe­ding handel.

Dit sal die 18de keer wees dat die re­ge­ring ’n po­ging aan­wend om dié bepa­ling van die grond­wet te wy­sig.

Die be­oog­de ­kon­sep is op Vry­dag 13 De­sem­ber in die staats­koe­rant ge­pu­bli­seer.

Par­le­ments­le­de het op Sa­ter­dag 4 De­sem­ber ’n ver­ga­de­ring ge­hou waar­ty­dens ge­vra is dat die fyner de­tail van dié omstrede wy­siging gestipu­leer word.

Die vrees­ dat wysigings nie net tot land­bou­grond be­perk is nie, is steeds op almal se lip­pe.

Jo­han Mills, voor­sit­ter van die Be­la-Be­la-be­las­ting­be­ta­lers­fo­rum (BBTF), het in re­ak­sie ge­sê dié wy­si­ging kan lei tot die af­gra­de­ring van die land se kre­diet­gra­de­ring tot rom­mel­sta­tus. Hy het gesê dít sal op sy beurt daartoe lei dat openbare on­der­ne­mings in Wes­ter­se lan­de, wat die Eu­ro­pe­se u­nie en A­me­ri­ka in­sluit, ver­plig sal word om hul be­leg­gings uit die land te ont­trek.

Mills meen die wy­si­ging sal teen­stry­dig wees met die u­ni­ver­se­le ver­drag van men­se­reg­te van die ver­e­nig­de na­sies, die Af­ri­ka­groei- en ge­leent­heids­be­leid (AGOA), as­ook die al­ge­me­ne stel­sel van voor­keu­re (GSP) van A­me­ri­ka. Dit sal volgens hom Suid-Af­ri­kaners se men­se­reg­te beperk en hulp en voor­de­le uit die bui­te­land laat opdroog.

Die ko­mi­tee oor die pro­ses het be­lang­heb­ben­des tot Vry­dag 31 Jan­ua­rie geleentheid gegee om ver­toë of in­spraak te lewer oor die wets­ont­werp. Af­ri­Fo­rum het reeds in Desember met sy ei­e veld­tog be­gin om in­sae tot die wets­ont­werp te be­kom.

Mills, as­ook Ernst Roets, hoof van be­leid en ak­sie by Af­ri­Fo­rum, doen ’n be­roep op lands­bur­gers om aan die pro­ses deel te neem aan­ge­sien die in­sae voor die par­le­ment sal dien.

In­sae moet per e-pos ge­rig word aan Vho­na­ni Ra­maa­no, se­kre­ta­ris van die par­le­men­tê­re ko­mi­tee, by section25@parliament.gov.za(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button