Local newsNews

Beurt­krag hou gevaar vir landelike vei­lig­heid in

Suid-Afrikaners is onkant betrap toe daar weer kort ná Nuwe­jaar — ondanks beloftes van pres. Cy­ril Ra­ma­pho­sa dat dit nié sal gebeur nie — beurt­krag toegepas is.

Hierdie ongeskeduleerde beurtkrag lei tot frustrasie en hou ernstige gevaar vir landelike veiligheid in, maan kenners.

Henk van de Graaf, voor­sit­ter van die TLU se noord­streek en voor­sit­ter van die Wa­ter­berg DLU, het sy kom­mer uit­ge­spreek oor gebrekkige kom­mu­ni­ka­sie tydens beurt­krag.

Sel­foon­net­wer­ke is ver­le­de jaar gekort­wiek met die instel­ling van fase 3- en 4-beurt­krag. Ver­brui­kers se toegang tot die inter­net, sekere netwerke en toeps was beperk en in sommige gevalle glad nie beskik­baar nie. Van de Graaf meen dit verhoog die gevaar in lande­like om­gewings omdat mense nie in kennis gestel kan word van plaas­aan­valle, vee­dief­stalle of mediese nood­gevalle nie.

“Ons het nie in die ver­le­de ty­dens beurt­krag ’n gebrek aan sein er­vaar nie, wat be­te­ken dat selfoondiens­ver­skaf­fers se in­stand­hou­dings­werk net so swak soos Es­kom s’n geraak het.

Van de Graaf meen daar moet onon­der­broke kom­mu­ni­ka­sie tussen boe­re wees. Ook mo­tor­hek­ke wat deur middel van sel­foon­ver­skaffers se sim­kaar­te funksioneer, moet ten al­le ty­e werk.

Van de Graaf het die pro­bleem met Vo­da­com bespreek en volgens hom het die maatskappy erken dat beurt­krag self­oon­diens­te be­perk omdat die net­werk van elektri­siteit af­hank­lik is.

Wanneer fa­se 2-beur­krag en hoër toegepas word, ondervind Vo­da­com groot probleme omdat die krag­op­wek­kers en die bat­te­ry­e wat sel­foon­to­rings operasioneel hou, nie ge­noeg tyd het om te her­laai voordat die volgende ronde beurt­krag volg nie. Die voorsiening van brand­stof vir die krag­op­wek­kers is ook soms ’n logistieke uitdaging.

Fu­tu­se Bon­go, Vo­da­com-woord­voer­der, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê hy wil kliën­te ge­rus­stel dat voorkomende maatreëls getref word om die na­sio­na­le kragkri­sis teë te werk.

“Ons het reeds bykomende hulp­bron­ne, bat­te­rye en krag­op­wek­kers op tal­le plekke reg­oor die land opgerig en Vodacom doen al­les in sy ver­moë om die ge­volge van uit­ge­brei­de beurt­krag te ver­min­der,” het Bon­go ge­sê.

“Vo­dacom kan sy kern­net­werk in stand hou so­lank hulle toe­gang tot brand­stof vir hul krag­op­wek­kers het.

“Ons het plan­ne om ons sleu­tel­per­se­le te be­skerm en bykomende stappe te doen in die lig van die kri­sis.”

Hy het ge­sê die pri­mê­re net­werk is steeds vei­lig, maar in ’n kri­sis­tyd sal die vol­hou­baar­heid daar­van van die be­skik­baar­heid van brand­stof af­hang.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button