LettersOpinion

Olyflyster eintlik geelbeklyster

So ’n paar jaar gelede is die spesie egter geskei in olyflyster en geel­bek­lyster.

Eddie en Christa Rabie, Bos­veld­sig, Modi­molle, skryf:

Ons reageer graag met verwy­sing na die foto van die olyf­lyster op bl. 10 van Die Pos van Vry­dag 10 Janua­rie.

Dit is eintlik nie ’n olyf­lyster op die foto nie, maar ’n geel­bek­lyster. Die olyf­lyster kom nie hier by ons voor nie.

In ouer voël­hand­lei­dings en –veld­gidse is net die olyf­lyster genoem. So ’n paar jaar gelede is die spesie egter geskei in olyflyster en geel­bek­lyster.

Die geel­bek­lyster se hele snawel is geel, hy het ’n op­vallende goue oogring en hy het nie so baie oranje­bruin op sy bors nie.

Die olyf­lyster het nie die goue oog­ring nie, die boonste snawel is nie heelte­mal geel nie en hy het baie meer oranje­bruin op sy bors.

Related Articles

Back to top button