CrimeNews

Tweede man vas ná aanval

Die polisie het van­dees­week ’n twee­de man in verband met die mis­daad aan­ge­keer, ook met die hulp van DNS-toetse.

“Ons kom vir jul­le!”

Dié bood­skap wat die Mo­di­mol­le-po­li­sie aan boos­wig­te stuur, is dui­de­lik na­dat ’n twee­de man aan­ge­keer is in verband met ’n plaas­aan­val in 2018.

Drs. Her­cu en Les­ley van Nie­kerk, albei afgetrede veeartse, is op Vry­dag­og­gend 15 Ju­­nie 2018 deur vier mans op hul plaas in die Boe­ken­hout-om­ge­wing tus­sen Mo­di­mol­le en Mook­go­phong oor­val. Hul­le was be­sig om saam met hul wer­ker, Abram Khe­thi­sa, voer vir hul die­re uit te sit toe hul­le deur die mans oor­val is. Les­ley is in die maag ge­wond en is in ’n kri­tie­ke toe­stand per heli­kop­ter na ’n hos­pi­taal ge­neem. Haar man en Khe­thi­sa was on­ge­deerd.

Die aan­val het ’n groot­skeepse soek­tog tot ge­volg ge­had met vei­lig­heids­groe­pe en boe­re wat oor ’n wye gebied na die vlug­ten­de ver­dag­tes ge­soek het. Die mans het met die eg­paar se To­yo­ta-bak­kie, geld en wa­pens op die vlug ge­slaan.

Die Pos het ver­le­de week be­rig dat die Mo­di­mol­le-speur­tak en Heritage Protection Group (HPG) op Maan­dag 13 Ja­nua­rie vir Dhu­mi­sa­ni Man­ziyo aangekeer het. Hy is laat­aand by ’n huis in Mook­go­phong deur AO Ross Ros­souw in heg­te­nis ge­neem na­dat hy deur middel van DNS-toetse met die mis­daad­to­neel ver­bind is, het AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, ge­sê.

Die polisie het van­dees­week ’n twee­de man in verband met die mis­daad aan­ge­keer, ook met die hulp van DNS-toetse. John Dewa is Dins­dag­og­gend om 09:20 ook in Mook­go­phong vas­ge­trek. Hy was glo voor­heen ’n wer­ker op die Van Nie­kerks se plaas, het Find­lay ge­sê.

Die mans sal eers­daags weer in die hof in Mo­di­mol­le ver­skyn op aanklag­te van huis­braak en po­ging tot moord.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button