Local newsNews
VLU-vroue tof op vir spoggeleentheid
Meer as 30 vroue was deftig uitgevat met hoede en al en het die “High Tea” wat aangebied is terdeë geniet.
Die Nylstroom VLU-tak het op Vrydag 17 Januarie hul 70ste verjaardag by ’n teetuin in Modimolle gevier.
Meer as 30 vroue was deftig uitgevat met hoede en al en het die “High Tea” wat aangebied is terdeë geniet. Die vroue is getrakteer op ’n groot verskeidenheid smulhappies en het heerlik gekuier.

Die tak se eerste vergadering van die jaar word op Dinsdag 28 Januarie om 14:30 in die Abraham Kriel-kinderhuis se saal gehou. Hierdie vergadering is altyd ’n hoogtepunt op die kalender aangesien die miniskou en prysuitdeling ook plaasvind.
Inwoners wat graag wil kyk waarmee die vroue van die VLU-Nylstroom hul besig hou, is baie welkom. Om aan te sluit, bel vir Elsa du Plessis by tel. 082 707 9506.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



