Gemeenskappolisiëringsforum-bestuur, Bela-Bela, skryf:
Rolspelers van die Bela-Bela-veiligheidsstrukture het die afgelope jaar groot suksesse behaal deur moed te hou en misdaad te bly beveg.
Die veiligheidsplanne van die verskeie rolspelers soos die gemeenskappolisiëringforum (GPF), die algemene veiligheidsplan van AfriForum en die polisie se sektorpolisiëringsbeleid wat deur die buurtwagte in die onderskeie omgewing uitgevoer is, om veiligheid te verseker.
Die buurtwagleiers en hul verteenwoordigers van Bela-Bela subsektor 1 vergader elke laaste Woensdag van die maand. Die algemene vergadering wat deur alle GPF-lede bygewoon word, word elke derde maand gehou.
Buurtwagleiers word tydens die maandelikse vergaderings die geleentheid gebied om veiligheidsprobleme en inisiatiewe te bespreek. Die bestuur van die subforum verteenwoordig dus die gemeenskap by die polisie.
Die funksionering van die GPF word deur wetgewing beheer. Die gemeenskap word aangemoedig om by hul plaaslike buurtwag aan te sluit, te help patrolleer en te reageer tydens noodgevalle.
Die AfriForum-buurtwagte behaal ook landwyd groot suksesse en daar is groot dankbaarheid vir die werk wat hulle verrig.
AfriForum Bela-Bela-tak en die Bela-Bela GPF is in die proses om ’n geakkrediteerde opleidinginstansie op die been te bring wat aandag sal skenk aan gespesialiseerde opleiding vir buurtwaglede.
Dit sal veral fokus op die uitvoering van buurtwagbeginsels, veiligheidspatrollies en reaksie ná ’n gewapende roof, veiligheidsrisiko-analise en misdaadtoneelbestuur.
Die opleidingskantoor is deel van die GPF SubSektor 1 se kantore by die Bela-Bela-polisiestasie in Van Der Merwestraat.
Vir navrae oor die opleiding kan mense vir Harold Spencer bel by tel. 072 639 9952. Vir bykomende navrae en nuwe lidmaatskap kan mense vir Janes Boshoff bel by tel. 072 492 7087.



