Anne Joubert van Modimolle skryf:
Met verwysing na die hoofartikel van Bea Emslie in Die Pos van 24 Januarie wil ek saamstem dat ontgroening op die lange duur ’n euwel is. Dink net aan hoeveel belowende jongmense, pas uit die skool, tot sterwe kom tydens ontgroening.
Neem nou die geval van die jong gr. 8-seun van Parktown Boys High School. Onnodige lewensverlies en dan is die hoof van die skool nou geskors as gevolg van die hartseer insident.
Dit is ’n feit dat meer en beter toesig gehou moet word tydens sulke skooluitstappies. Ek is seker daar sal genoeg ouers bereid wees om die personeel by te staan met toesig.
Ontgroening moet ’n opbouende doel hê en nie om kinders moreel af te breek nie.
Kom ons vertrou dat ontgroening en of oriëntering in die toekoms reg benader sal word.



