CrimeNews

Verskeie mense as vermis aangemeld

Verskeie mense in Limpopo is sedert die begin van Januarie 2020 as vermis aangemeld.

Vol­gens in­lig­ting van die pro­vin­sia­le po­li­sie was daar van­af Maan­dag 6 Jan­ua­rie tot op Don­der­dag 23 Jan­ua­rie 26 men­se as ver­mis deur hul fa­mi­lies ge­rap­por­teer.

Die a­reas waar die per­so­ne ver­dwyn het, sluit in Hlo­got­lou bui­te Grob­lers­dal, Tho­ho­yan­dou, Gi­yani, Le­bo­wakgo­mo, Po­lok­wa­ne, Tza­neen, Mak­ha­do en twee in Be­la-Be­la.

Se­we van die ver­mis­tes is jong­er as 20. ’n Twee­ja­ri­ge, van Le­bo­wak­go­mo, is ná ’n soek­tog van twee dae op Woens­dag 15 Jan­ua­rie so­wat 10 km van sy huis, on­ge­deerd, in die veld ge­vind. Vol­gens die po­li­sie is hy da­de­lik na ’n kli­niek ge­haas en ná be­han­de­ling vir de­hi­dra­sie ont­slaan.

Ver­der is drie van die ver­mis­tes tus­sen 20 en 30 jaar oud, ses tus­sen 30 en 40, drie tus­sen 40 en 50, een tus­sen 50 en 60 en vier per­son­e is ouer as 60.

Vol­gens die ver­kla­rings in mees­te van die ge­val­le, het die ver­mis­te per­so­ne geen van hul naas­tes in ken­nis ge­stel dat hul­le vir ge­ruim­e tyd af­we­sig gaan wees nie, maar slegs vir nor­male ak­ti­wi­teite weg van hul huise sal wees. Een van die vermiste vol­was­se­nes is glo ver­stan­de­lik ge­stremd.

Twee van die jong­men­se het hul wo­nings ver­laat om skool­boe­ke te gaan af­haal en die ander om by ’n ter­siê­re in­rig­ting in te skryf, vol­gens die ver­kla­rings.

Die twee ver­mis­te per­soon­sa­ke van Be­la-Be­la, Tshe­go­fat­so Tlou Mo­got­si (22) en Jo­han­na Ka­ra­bo Ba­loyi (27) word steeds on­der­soek.

Mo­got­si het ver­dwyn na­dat hy by U­nisa wou gaan re­gis­treer het. Ba­loyi het in Ju­nie 2018 ver­mis ge­raak, na­dat sy by fa­mi­lie in Ham­mans­kraal gaan kuier het en nooit na Be­la-Be­la te­rug­ge­keer het nie.

Vol­gens die po­li­sie­ver­kla­rings blyk dit dat Baloyi se fa­mi­lie haar eers in Jan­ua­rie van­jaar as ver­mis aan­ge­meld het.

Die pro­vin­siale po­li­sie het teen druk­tyd geen ver­de­re in­lig­ting aangaande die vermiste mense bekend gemaak nie.

Sers. Frans Ma­pon­ya, Be­la-Be­la-po­li­sie­woord­voer­der, het by na­vraag ge­sê die po­li­sie kan nie be­ves­tig of van die men­se ont­voer is nie. Elke saak word op eie meriete hanteer.

Die po­li­sie het die af­ge­lo­pe week weer die pu­bliek, ver­al ou­ers, ge­waar­sku, om ten al­le tye te weet waar hul­le kin­ders is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button