CrimeNews

Bek-en-klou­seer steeds bron van kommer – man in arres wat vee vervoer

Vee­boe­re se hoop dat die uitbraak van bek-en-klou­seer in Limpopo vinnig gestuit gaan word, het vervaag nadat die die de­par­te­ment van land­bou, bos­bou en vis­se­rye nòg be­smet­te eien­dom­me in die pro­vin­sie op­ge­spoor het.

In die na­draai van die on­der­soe­ke is ’n man, wat daar­van be­skul­dig word dat hy tot die ver­sprei­ding van die siek­te by­ge­dra het, deur die po­li­sie in ­heg­te­nis ge­neem.

Brig. Mot­la­fe­la Mo­ja­pe­lo, pro­vin­sia­le po­li­sie­woord­voer­der, het ge­sê die man, Stephanus Petrus Snyman (ou­der­dom onbekend) van Po­lo­kwa­ne is op Vry­dag 24 Jan­ua­rie in ­heg­tenis ge­neem en krag­tens die wet op die­re­siek­tes aangekla. Mo­ja­pe­lo het ge­sê die man het glo vee uit ’n ge­vaar­ge­bied na ’n onbesmette ge­bied, son­der die no­di­ge toe­stem­ming en permitte, ver­voer.

Snyman het op Maan­dag 27 Jan­ua­rie in die Mog­w­adi-land­dros­hof op die aan­klag­te ver­skyn en is op borg­tog van R10 000 vry­ge­laat. Sy vol­gen­de ver­skyn­ing is op Maan­dag 23 Maart in dieselfde land­dros­hof.

Die mi­nis­ter van land­bou, Tho­ko Di­di­za, het ver­le­de jaar in die staats­koe­rant aan­ge­kon­dig dat daar ’n land­wy­e ver­bod op die ver­voer van vee in­ge­stel is. Dit het ge­volg en­ke­le we­ke na­dat die de­par­te­ment al­le vee­vei­lings in Lim­po­po, Gau­teng, Noord­wes en Mpuma­lan­ga tot ’n halt ge­roep het.

Die eers­te uit­braak is in Jan­ua­rie 2019 in die Vhem­be-dis­trik aangemeld. Die twee­de uit­braak was in die tweede helfte van 2019 in die Mo­le­mo­le-om­ge­wing, noord van Po­lok­wa­ne. Dié uit­braak het onder die owerhede se aandag gekom na­dat besmette diere by ’n vee­veiling ver­koop is. Die de­par­te­ment het be­ves­tig dat die tweede uitbraak die­self­de bek-en-klou­seer-serotipes is as wat in Jan­ua­rie uit­ge­breek het.

Vee­vei­lings gaan in­tus­sen on­der streng be­heer­maat­reëls voort, mits ’n vry­wa­ring­ser­ti­fi­kaat van ’n vee­arts die vee ver­ge­sel.

Vol­gens Reg­gie Ng­co­bo, woord­voer­der van die de­par­te­ment, kan vee bin­ne ’n kwa­ran­tynge­bied ge­slag word, mits hulle oor die no­dige vry­waring­ser­ti­fi­ka­te be­skik en die die­re geen te­ken van die siek­te toon nie.

Die nuut­ste ont­dek­king bring die to­ta­le hoe­veel­heid eien­dom­me waar die ge­vrees­de siek­te aangemeld is op 16 te staan. Die siek­te is so­ver net in Lim­po­po aan­ge­tref.

Ngco­bo be­weer dat die nu­we ge­val­le nie ’n aan­dui­ding is dat die siek­te ver­der ver­sprei het nie, maar dat die de­par­te­ment se vol­ge­hou­e in­ten­sie­we on­der­soe­k daar­toe ge­lei het dat meer besmette vee op­ge­spoor is. Daar is tot dus­ver 57 per­sele waar­van die kwa­ran­tynver­bod reeds ge­lig en hier­die ge­bie­de siek­te­vry ver­klaar is.

Streng voor­ko­mings­maat­reëls geld intussen vir boe­re en vei­lings­kra­le.

Vol­gens in­lig­ting van die Bek-en-klou­seer-fo­rum (BK Fo­rum) wat in Be­la-Be­la ge­stig is, het af­slaers, soos An­dre Kock en Seun asook Vleis­sen­traal, nu­we bio-vei­lig­heids­maat­reëls in plek gestel. Dié maatreëls geld vir alle vei­lings­huise.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button