CarsNews

Goedkoper bakkies laat die koppe draai

Die groot aantal bakkies van die minder tra­disio­nele handels­merke word al hoe meer op ons land se paaie op­gemerk.

Ry gerus ’n bietjie in die dorp en let op hoe­veel Great Wall Motors (GWM’s) en Mahin­dra-bakkies dees­dae diens doen.

Met die goed­koopste Hilux-dubbel­kajuit wat al meer as R400 000 kos, raak dit vir die gewone man op straat ’n uit­daging om ’n nuwe dubbel­ka­juit uit die gewilde en betrou­bare vervaar­digers­poel te oor­weeg.

Tog is die veel­doelige en prak­tiese natuur van ’n dubbel­kajuit onweer­staanbaar vir ons sake- en gesins­manne wat daag­liks op paaie ry wat nie meer vir sedan­motors geskik is nie. Boonop kan ’n dubbel­kajuit oor die naweek ingespan word vir enige avon­tuur of gesins­uit­stappie.

Maar wat is die keuses aan die goed­koper kant van die mark?

Toe die Chinese en Indiese bakkies meer as tien jaar gelede hier aan wal gekom het, het hulle aan­vank­lik goed verkoop danksy lae pryse en beloftes van Toyota-en­jins. Die meeste van daar­die eerste Chinese voer­tuie is egter lankal reeds net ’n hopie geroeste skroot­metaal.

GWM is die een Chinese vervaar­diger wat wel hul merk in die mark gemaak het en het oor die afge­lope tien jaar geleidelik sy aanbie­ding uitgebrei en verbeter. GWM in Suid Afrika is dees­dae ’n vol­waardige filiaal van die moeder­maat­skappy en nie net ’n agent nie.

GWM wil hier­mee sy verbin­tenis aan ons mark bevestig en hoop om gemoeds­rus by kopers te ver­skerp wat hul lang­termyn teen­woor­digheid in die land betref. Hulle Haval-handels­merk is tans baie gewild.

Die goed­koopste Steed 5-model kos maar R185 000, ’n 4×4-diesel is R275 000 en vir R320 000 kan die vlag­skip Steed 6 in die motor­huis spog. Natuur­lik is hierdie nie Toyota-bakkies nie, maar hulle kan alles doen wat die ge­middelde koper van hulle verwag. Die 2.0 l-diesel klink na ’n redelik betrou­bare opsie en is onge­twyfeld die beste keuse uit die GWM-stal.

Indië se Ma­hindra is ook ’n ver­vaar­diger wat met geharde pro­dukte geduldig sy plekkie in ons bakkie­landskap uit­gebeitel het. As werk­esels is Mahindra se bakkies moeilik om te klop en die PikUp-reeks se dubbel­ka­juite bied ’n ruim, stewige alter­natief teen mede­dingende pryse aan. Daar was al pro­bleme met veral Mahindra se ratkaste, maar indien die nuwe ses-gang ratkas hierdie pro­bleme uitgestryk het, behoort ’n PikUp ’n baie goeie kopie te wees.

Die bakkies is gewild, gemak­lik, een­voudig en het baie spasie in die laaibak. Die 2.2 l-enjin is ’n wenner wat goeie ver­bruik en lae wring­krag in ’n betrou­bare enjin kombi­neer. Mahindra se dubbel­kajuit­bakkies begin by R300 000, maar hulle voel ’n bietjie beter afgewerk as die Chinese eweknie.

JMC se Vigus met sy Cummins-enjin verkoop nie so goed nie, maar is met ’n prys van R280 000 ’n toets­rit werd. Die nuwe JAC T6- en T8-bakkies is ’n poging om luukser, groter en gemakliker bakkies, wat met die bekende, bestaande bakkies moet mee­ding, te ver­vaardig. Op die oog af lyk JAC se bakkies mooi en redelik goed afge­werk. Hulle is net so groot soos ’n Hilux en het 1.9 l-diesel­enjin wat in Duits­land ontwerp is. JAC ver­koop sy T6-intree­modelle teen R280 000.

Dit is duidelik dat daar ver­skeie opsies is vir kopers wat na ’n nuwe dubbel­kajuit in die R300 000-prysklas wil kyk. Onthou egter om uit te kyk vir wins­kopies soos spesiale aan­biedings, demon­strasie­modelle of modelle wat aan die einde van hul produksie­reeks kom.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button