CrimeNews

Af­slaer se in­heg­te­nis­na­me skokkend

Die mi­nis­ter van land­bou, bos­bou en vis­se­rye, Tho­ko Di­di­za, het die in­heg­te­nis­na­me van ’n af­slaer van Po­lok­wa­ne, wat moont­lik ver­bind word met die ver­sprei­ding van die ge­vrees­de bek-en-klou­seer­siek­te, verwelkom.

Reg­gie Ngco­bo, woord­voer­der van die de­par­te­ment van land­bou, het in ’n ver­kla­ring ge­sê 16 po­si­tie­we ge­val­le van die siek­te is reeds in die pro­vin­sie be­ves­tig na­dat die siek­te in No­vem­ber ver­le­de jaar die vee­be­dryf op sy knieë ge­dwing het. ’n Na­sio­na­le ver­bod op die ver­voer van vee is se­dert De­sem­ber 2019 van krag. ’n Ver­bod op vei­lings is reeds in No­vem­ber 2019 in­ge­stel.

Vol­gens die Po­lok­wa­ne Review is die ver­dag­te, Sors Sny­man, ’n af­slaer van die Vleis­sen­traal­groep, twee we­ke ge­le­de in Po­lok­wa­ne in ­heg­te­nis ge­neem deur le­de van die po­li­sie se vee­dief­stal­een­heid. Hy word volgens die polisie verbind met aanklagte wat ver­band hou met die oortreding van maat­reëls wat die ver­sprei­ding van bek-en-klou­seer stuit.

Sny­man het na be­we­ring vee uit bek-en-klou­seer­be­smet­te ge­bie­de na die siek­te­vry­e ge­bie­de Vi­vo en Den­dron (Mogwadi) ver­voer en die die­re her­ver­koop, het die Review be­rig.

Sny­man is in heg­te­nis ge­neem in­ge­vol­ge die wet op die­re­siek­tes.

Dié wet be­paal dat geen die­re son­der die toe­stem­ming van die di­rek­teur van land­bou uit be­smet­te ge­bie­de ver­wy­der mag word nie.

Tal­le boe­re beweer nou dat dié kal­wers ver­bind kan word met die uit­bre­king van die ge­vrees­de siek­te in No­vem­ber 2019 in dié pro­vi­nsie.

Sny­man het op Maan­dag 27 Jan­ua­rie in die Mog­wa­di-land­dros­hof ver­skyn. Borg­tog van R10 000 is aan hom toe­ge­staan. Die saak, wat waar­skyn­lik na die streek­hof ver­wys sal word, is tot Maan­dag 23 Maart uit­ge­stel.

Die be­stu­ren­de di­rek­teur van Vleis­sen­traal se Bos­veld­streek, Jo­hann Vos­ser, het ná Sny­man se in­heg­te­nis­na­me by die Po­lok­wa­ne-vei­ling­kra­le aan die Review ge­sê daar is tal­le be­we­rings, maar dat hy­self wag om die fi­na­le klag­staat te sien.

Vol­gens Vos­ser moet ver­ko­pers die­re se oor­sprong ver­klaar — die ad­res, ID-nom­mer en brand­merk moet ook op vee ver­skyn.

Hy het be­ves­tig dat Sny­man vir die groep as afslaer werk en vervoerkontrakteurswerk doen.

Die na­sio­na­le be­stu­ren­de di­rek­teur van Vleis­sen­traal, An­ton Vos, het aan die Review gesê die on­der­ne­ming het van­af mid­del No­vem­ber tot mid­del De­sem­ber 2019, R120 mil­joen ver­loor weens vei­lings wat gekanselleer moes word.

Die voor­sit­ter van die Bek-en-klou­seer­fo­rum in die pro­vin­sie, Paul van Vuu­ren, meen dit is te vroeg om ’n uit­spraak te maak oor die in­heg­te­nis­na­me, maar het wel ge­noem dat e­ni­ge on­wet­ti­ge op­tre­de die be­dryf mil­jar­de ran­de se ska­de kan be­rok­ken en let­ter­lik die “kos uit baie men­se se mon­de kan haal”, het die Review berig.

Ver­de­re in­heg­te­nis­na­mes kan moont­lik volg.

Die na­sio­na­le ver­bod op vei­lings deur die de­par­te­ment van land­bou het ná die uit­braak in November die vee­be­dryf groot ska­de — met fi­nan­sië­le im­pli­ka­sies — be­rok­ken. Di­di­za het die­self­de kom­mer ge­deel.

Sy het in ’n ver­kla­ring mense wat die afgelope ruk met Sny­man sake gedoen het, of wat be­kom­merd is oor enige ver­dag­te trans­ak­sies, aangeraai om die de­par­te­ment se wets­toe­pas­singseen­heid te kontak. Jan Nel van die een­heid kan be­reik word by tel. 084 677 3157.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button