Die konsert genaamd Kwaggies Manify is deur matriekleerder Jowiné Bezuidenhout geskryf en vertel hoe uiteenlopende kinders hul pad in die hoërskool vind, of hulle nou komkommerkoel, sportmal of akademiesgedrewe is.

Die groentjies het weke lank hard geoefen om hul danspassies onder die knie te kry.
Die konsert het op ’n hoogtepunt geëindig toe al die gr. 8-leerders toegemaak is onder ’n groot Nylievlag. Alida van Heerden, die gr. 8-graadhoof, het aan die gehoor gesê “dit gaan goed met die gr. 8-groep van 2020 — ons kan almal nog onder een skoolvlag toemaak.
“Die vlag wys dat ons almal sal saamstaan in harde tye en saam gaan feesvier in die goeie tye.”
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!



