
Gawie Richter, Modimolle, skryf:
Jare gelede het ’n skoolhoof by ’n landbouskool ná ’n skoolvakansie waartydens dinge so effens verval het, gesê: “Dit is nou vir jou ’n gemors van ’n gemors van ’n helse gemors.”
Dit herinner nogal aan Modimolle en Mookgophong se sypaadjies langs die hoofstrate oor naweke. Veral waar daar met kos handel gedryf word en voorrade op stoepe die voetgangerverkeer belemmer.
Terwyl munisipaliteite na hartelus waardasies verhoog, gaan die konsep van onteiening sonder vergoeding voort en verloor eiendomme dus hul waarde.
Het u geweet dat ’n enkele kompleks soos Bosveldsig-aftreeoord in Modimolle jaarliks nagenoeg R806 400 vir riool, R58 960 vir vullisverwydering en R504 000 aan munisipale heffings betaal? Voeg hierby die dorp en tientalle ander komplekse en dan kom ’n mens tot die besef hoeveel geld oor ’n periode van meer as twee dekades in ’n donker put verdwyn het.
Dit is nie onbillik as daar gekla word as strate na Bosveldsig ontoegangklik is nie.



