Local newsNews

Suid-Afrikaanse Weermagvereniging bied eerste geselligheid aan

Die Suid-Afrikaanse Weermagvereniging se Kranskop-eenheid bied sy eerste amptelike geselligheid vir sy lede en hul metgeselle sedert sy ontstaan verlede jaar aan.

Die Kolgans-ete word op Saterdag 22 Februarie by Metsi-Metsi buite Modimolle aangebied. Die koste is R65 per persoon en dit begin om 10:00. Metsi-Metsi is langs die Donkerpoortdam geleë. Die ingang is op die Vaalwater-pad, sowat 6,2 km vanaf die Weesgerus-vakansieoord.

Sedert die eenheid se ontstaan in Julie verlede jaar het dit van krag tot krag gegaan en spog nou met ’n ledetal van 62 en ’n bekwame bestuurspan.

Lede wat die geselligheid wil bywoon, moet voor Woensdag 19 Februarie bevestig by tel. 083 399 1869.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button