Warmpatat: Inwoners van Bela-Bela kla geruime tyd oor openbare plekke in die dorp wat ’n seeroog geword het. Die openbare parkie in Reitzstraat en die oop ruimte op die hoek van Pretoriaweg en Minnaarstraat het veral die uithangplek van morsjorse geword. Dié foto is op Woensdagoggend 19 Februarie by laasgenoemde geneem.