Local sportSport

Bosveld-seun wen goud by Sun Met-ren

Dit was ’n plaas­seun van Al­ma wat op Son­dag 1 Fe­brua­rie die wen­perd se neus oor die eind­streep ge­druk het in een van die land se groot­ste per­de­wed­ren­ne.

Die 38-ja­ri­ge MJ By­le­veld het ’n hoog­te­punt in sy loop­baan be­reik toe hy die Sun Met in Kaap­stad op die rug van die blit­si­ge One World ge­wen het. Die Sun Met is Suid-Afri­ka se duurste wed­ren met prys­geld van R3 mil­joen aan die eie­naar van die wen­perd.

“Sjoe, ek slaan som­mer weer hoen­der­vleis uit! Dit was ’n on­ge­loof­li­ke ge­voel toe ek be­sef ek en One World het vir Ryan Moore, wat ge­sien word as een van die wêreld se bes­te jok­kies, ge­klop!” het Byle­veld van­dees­week aan Die Pos ver­tel. Moore was die rui­ter op Rainbow Bridge. “Ty­dens die wed­ren het ek op One World ge­kon­sen­treer en ons het net vo­ren­toe ge­kyk. Dit is eers toe ons oor die wen­streep is, dat ek mooi be­sef wat ge­beur het. Ek kan dit nou nog nie regtig glo nie,” het hy gelag.

Byle­veld en One World was vinnig uit die wegspringhok­ke in die 2 000 m-wed­ren met Rainbow Bridge soos ’n ska­du­wee langs hul­le. Head Honcho was op die 1 000 m merk voor met One World in die twee­de plek en Rainbow Bridge in die der­de plek. Met net 300 m oor voor die wen­streep het One World en Rainbow Bridge hul ka­rak­ter ge­wys en die an­der per­de ag­ter­ge­laat. Die twee het skou­er aan skou­er wen­streep toe ge­hardloop met One World wat met el­ke tree sen­ti­me­ters vo­ren­toe geskuif het om sy neus eers­te oor die wen­streep te druk in ’n nael­byt-ein­de.

Byle­veld se loop­baan het ’n on­ver­wag­se af­skop ge­had.

“My pa was by ’n vei­ling in Bela-Bela en het met een van sy vrien­de, Aubrey Upton (’n spe­ku­lant) ge­staan en gesels. Hy het per­de in die stad ge­had en vir my pa voor­ge­stel dat ek perd­ry-aka­de­mie toe gaan,” ver­tel hy.

By die aka­de­mie in Dur­ban het hy vir die eers­te keer op ’n perd se rug ge­klim. Hy was 16 jaar oud.

Sy ou­ers, Jo­han en Dy­kies, het eers op Al­ma ge­boer waar­na hul­le in Bela-Bela ge­woon het. “Ek was in Laer­skool Al­ma en in Hoër­skool Nyl­stroom. Men­se moet nooit die goeie ba­sis van plat­te­land­se sko­le onderskat nie,” het hy ge­sê. “Ek is baie dank­baar vir al die men­se en ons fa­mi­lie op die Spring­bok­vlak­te wat ge­bel het om my ge­luk te wens ná die Sun Met.”

Byle­veld se loop­baan is be­saai met eers­te plek­ke in wed­ren­ne. Hy is ’n jaar en ’n half ge­le­de be­seer. “Ek het voor die be­se­ring op One World ge­oefen en was dank­baar toe ek weer ’n geleent­heid kon kry om hom te ry.”

One World be­hoort aan Vaughan Marshall — dit is Mar­shall se der­de Met-wenner.

Kry Byle­veld, wat dees­dae in die Kaap woon, da­rem nog kans om ’n Bos­veld­se draai te maak? “Na­tuur­lik! Ek kom kuier binne­kort vir my ouma Ellie Dy­ke­ma in die oue­te­huis op Bela-Bela.”

Byle­veld droom groot. “Dit sal lek­ker wees om een­dag Suid-Afri­ka se kampioenjokkie te wees, maar daar is nog baie werk voor.”

Related Articles

Back to top button