Warmpatat: ’n Bela-Bela-inwoner was hoogs ontsteld oor dié skoonmaker wat water by ’n brandkraan in die Bosveld Pick n Pay-sentrum getap het. Die sentrumbestuur het in reaksie aan Die Pos gesê brandkrane mag slegs in noodgevalle gebruik word en daar sal ’n interne ondersoek na die voorval geloods word. Die sentrum het egter die afgelope ruk watertekorte ervaar en kon nie hul openbare toilette na behore spoel nie. Die bestuur het ’n dringende versoek tot die Bela-Bela-munisipaliteit gerig om diensleweringsprobleme in die gebied op te los. Die sentrum het intussen ander voorsorgmaatreëls getref.