CarsNews

Isuzu-werkesels staan sterk

Isuzu se D-Max bakkies is dalk volgens baie al ’n bietjie lank in die tand, maar ver­kope bly sterk.

Hoewel daar reeds ’n nuwe Isuzu-model in die res van die wêreld bekend­gestel word, sal Suid-Afrika nog ’n rukkie met die ou model te­vrede moet wees. Die lang wag het glo te doen met General Motors se ont­trekking uit Suid-Afrika en hoewel Isuzu Suid-Afrika nou aan Isuzu in Japan be­hoort, kon hulle nie betyds beplan om die nuwe D-Max hier te bemark nie.

Daar is egter nie veel fout met die ou model nie. Hy loop lekker glad en baie kopers hou van die effens klei­ner bak­werk wat nie ’n motor­huis so vol­staan soos ’n Ranger nie. Die 2.5 liter se relatiewe lae­krag­syfers word ook groot­liks deur die ligter bak­werk tege­moet gekom.

Omdat dubbel­kajuit­kopers meestal hul bakkies vir ont­spanning gebruik, is outo­matiese rat­kaste meer gewild as ooit. Nou het Isuzu vier nuwe outo­matiese modelle bekend­gestel wat almal met die 2.5 liter enjin en agter­wiel­aan­drywing toege­rus is. Daar is drie dubbel­kajuite en ’n ver­lengde kajuit, terwyl daar ook ’n nuwe 3.0 liter outo­matiese model byge­voeg is.

Die Isuzu-reeks bied steeds ’n baie aan­treklike bakkie teen mede­dingende pryse aan voor­nemende kopers. Met die nuwe outo­matiese rat­kas­opsies verdien die Isuzu om op enige kort­lys te verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button