CarsNews

Nuwe Venue katjie van die baan

In moeilike eko­nomiese omstan­dig­hede, waarvan swak motor­ver­kope getuig, is daar steeds geen einde aan kopers se aptyt vir nuts­voer­tuie nie.

Hyundai, wat lank reeds met ’n verskei­den­heid nuts­voer­tuie in sy stal sake doen, het nou ook die intree­vlak betree met die kom­pakte Venue. Die Venue is klei­ner as sy twee groter broers, die Creta en Kona, maar terwyl die Creta se sti­lering redelik stan­daard is en nie juis aan­dag trek nie, verseker die Venue se reuse­sier­rooster dat hy nie misge­kyk word nie.

Behalwe vir die rooster, wat groter as ’n rugby­klub­braai­rooster is, lyk die Venue heel skaflik uit die meeste hoeke. Die voor­aan­sig is mins­tens uniek.

Teen net minder as 4 m is die Venue net so lank soos ’n Ford Ecosport, maar effens breër. Die bagasie­ruim hou ’n skaf­like 350 liter se inko­pies en die spasie binne is meer as wat die buite­afme­tings beloof. Al die mo­delle is met ’n drie­silin­der petrol­turbo-en­jin toege­rus wat ’n bietjie soos ’n motor­fiets klink as hy gewillig naby die rooi­lyn draai. Met ’n kapa­siteit van 1 liter sal hy ’n ligte voet beloon met goeie brand­stof­verbruik. Die twee luukser modelle spog met ’n 20 cm raak­skerm wat byna so groot soos my eerste swart-en-wit Telefunken-televisie was.

Hyundai het met sy goeie repu­tasie en waarde vir geld ’n lojale kliënte­basis gevestig. Hoewel hulle die Venue aan­vank­lik bemark het as ’n direkte mede­dinger vir die T-Cross, voel die Volks­wagen meer substan­sieel en beter aan­mekaar­gesit. Hou egter inge­dagte dat die T-Cross-reeks op die prys­lys begin waar die Venue se luukse voer­tuig eindig. Die T-Cross is ’n bietjie beter en ’n rede­like trappie duur­der.

Die Venue ver­toon egter baie goed in verge­lyking met die Eco­sport, wat eintlik sy natuur­like klas­maat is.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button