Local newsNews

Gewilde Settlers-veteraantrekkerdag is net om die draai

Die gewilde ve­te­raan­trek­ker en –en­jin ope­dag word weer op Sater­dag 14 Maart by die Settlers-Agri­mu­seum ge­hou.

Trek­kerliefhebbers wat week­liks by­een­kom om ou trek­kers en en­jins weer op te bou, se stok­perd­jie het só ge­groei dat die mu­seum op­ger­ig is om hul han­de­werk ten toon te stel. Die groep be­staan tans uit ne­ge mans wat almal ouer as 70 is. Die mu­seum spog met meer as 30 trek­kers en die­self­de hoe­veel­heid en­jins wat so na as moontlik aan hul oor­spronk­li­ke toe­stand her­stel is. Hulle en­jins brul almal weer soos in die jare toet.

Die groep het die af­ge­lo­pe twee jaar ver­skeie van hul le­de aan die dood af­ge­staan, waar­on­der stig­ters­lid en voor­sit­ter Rob­bie Weir. Die groep is dit eens dat dit moei­lik is om sy skoe­ne vol te staan en dat hul­le sy leier­skap en ka­me­raad­skap mis. Een van Weir se trek­kers het juis so ’n paar jaar gelede op die “Working 400” by die Sand­stone-saam­trek die prys as bes­ge­res­tou­reer­de trek­ker by die by­een­koms gewen.

Dié groep trek­ker­liefhebbers het al wyd aan­dag ge­trek en het nie net in tyd­skrif­te nie, maar ook op tele­vi­sie ver­skyn. Die tyd­skrif Weg Plat­te­land het oor hul­le ge­skryf en ’n in­set­sel oor die groep wat op Kwêla ver­skyn het, is in 2019 aan­ge­wys as een van die tien bes­te pro­duk­sies van die pro­gram.

Tyd vir stil­sit het dié groep man­ne nie. Die mu­seum bars uit sy na­te en daar word hard be­plan om uit te brei. Tien nu­we (ou) trek­kers word deur be­hen­di­ge han­de her­stel en sal eersdaags staan­plek no­dig hê.

Maar dit is nie net die trek­kers wat hulle be­sig hou nie. ’n Ou sen­ding­ker­kie wat op een van die pla­se ge­staan het, is on­langs na die mu­seum­gron­de ver­skuif en word in ’n mu­seum om­skep waar tal­le ou huis­hou­de­li­ke ar­ti­kels en klei­ner oud­he­de uit­ge­stal gaan word. Die mu­seum het ’n sken­king van meer as 80 naald­werk­ma­sjie­ne ge­kry waar­van par­ty da­teer uit die 1800’s. Dié pro­jek word deur die trek­ker­man­ne se vroue be­stuur.

So­dra ge­noeg geld in­ge­sa­mel is, wil die groep ook hul werk­win­kel na die mu­seum­ter­rein ver­skuif. Wan­neer hul­le ouder­ge­woon­te el­ke Woens­dag aan die trek­kers en en­jins werk, kan die mu­seum en ker­kie oop­ge­stel word vir die pu­bliek. Op dié sta­dium is die mu­seum slegs per af­spraak en tydens die jaar­lik­se ope­dag oop.

Die terrein is op Vry­dag 13 Maart slegs oop vir uit­stal­lers en vir die af­laai van trek­kers en en­jins. Die gemeen­skap word op Sater­dag 14 Maart ge­nooi om van 08:00 tot 16:00 te gaan kyk na de­mon­stra­sies van hoe toen­ter­tyd se ma­sjie­ne ge­lyk en ge­werk het.

Die toe­gangs­geld is R50 vir vol­was­se­nes en kin­ders ouer as 13 jaar. Jonger kin­ders se toe­gang is gra­tis.

Daar sal ver­skeie kos­stal­le­tjies en ’n kon­tant­kroeg be­skik­baar wees.

Vir meer in­lig­ting bel vir Han­nes van Heer­den by tel. 082 651 2885. Vir na­vrae oor stal­le­tjies bel vir Pie­ter Lub­be by tel. 073 197 3252 of vir Ger­rit Fou­rie by tel. 082 387 5008. Uit­stal­lers wat kamp­plek wil reël, kan vir Joost Pre­to­rius bel by tel. 083 289 5298.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button