LettersOpinion

Goliat van Gat-pampoenfees lok weer dié naweek besoekers

“Dit is ’n eerste vir Suid-Afrika en ’n verskei­denheid groente, van beet tot wortels, kan op dié dag deur enigeen ingeskryf word.”

Henri Combrink, organi­seerder: Goliat van Gat-pampoen­fees, skryf:

Die Goliat van Gat-pam­poen­fees — ’n inisia­tief van TLU SA — spog van­jaar met ’n splin­ternuwe baadjie.

Die fees word op Sater­dag 7 Maart vanaf 16:30 by die Pretoria Boere­mark­terrein in Moreletta­straat, Silver­ton, Pretoria aange­bied en is bekend vir die pam­poen­groei­kompe­tisie waar deel­nemers pro­beer om mekaar se reuse­pam­poene te oor­tref.

Die kom­petisie het lekker prys­geld op die spel: R12 000 vir die swaar­ste pam­poen, R25 000 vir ’n nuwe Suid-Afri­kaanse rekord en R100 000 vir ’n nuwe wêreld­rekord. Die be­staande rekord vir ’n reuse­pam­poen in Suid-Afrika word met ’n massa van 613 kg deur Peet Joubert gehou. Die wêreld­rekord staan op ’n ste­wige 1 190 kg.

Die mooiste, lelikste en oor­spronk­likste pam­poene sal ook pryse wen.

’n Nuwe deel van die kompe­tisie waar­oor ons baie opge­wonde is, is die ander groot groente­ge­wasse-kompe­tisie.

“Dit is ’n eerste vir Suid-Afrika en ’n verskei­denheid groente, van beet tot wortels, kan op dié dag deur enigeen ingeskryf word.”

Die VLU se Over­vaal-tak bied verder ’n smul­lekker pam­poen­gereg­kompe­tisie aan waar deel­nemers hulle uithaler­pam­poen­geregte kan inskryf.

Afgesien van al die kompe­tisies, het die fees ook ’n aand­mark met ’n wye verskei­den­heid stalle­tjies, bier­tuin en ver­maak deur Thys die Bos­veld­klong en die VatVas Dans­orkes.

Die pam­poene wat inge­weeg word, word na afloop van die fees aan ver­skeie lief­dadig­heids­organi­sasies in en om Pretoria geskenk.

Related Articles

Back to top button